Isaiah 42:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Geknakte riet sal hy nie verbreek nie en die rokende vlas nie uitblus nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal ’n geknakte riet nie verder afbreek nie. Mense wat dof brand soos ’n lamppit sal hy nie uitdoof nie. Hy sal in opregtheid reg laat geskied.
Afrikaans 1933/1953 Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.
Afrikaans 1983 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n dowwe lamppit sal hy nie uitdoof nie; in getrouheid sal hy reg laat deurbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sal nie 'n riet breek wat klaar stukkend is nie, hy sal nie 'n vlam doodblaas wat dof brand nie. Hy sal seker maak dat almal weet wat Ek wil hê hulle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal nie iemand wat alreeds op sy knieë is, in die grond in trap nie. Hy sal nie iemand se laaste bietjie hoop vernietig nie. Hy sal eerlik wees wanneer hy sê wat reg is.