Isaiah 42:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Hy oor hom uitgegiet die grimmigheid van sy toorn en die sterkte van die stryd, en dit het hom rondom aan die brand gesteek, maar hy het dit nie geweet nie; en dit het hom verbrand, maar hy het dit nie ter harte geneem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het Hy sy gloeiende woede teen hulle laat ontvlam deur die geweld van oorlog. Hulle het in vlamme opgegaan, maar geweier om te verstaan. Dit het hulle verteer, maar hulle het nog nie hulle les geleer nie!
Afrikaans 1933/1953 Daarom het Hy oor hulle uitgestort die gloed van sy toorn en die geweld van die oorlog; en dit het hulle rondom aan die brand gesteek, maar hulle het dit nie bemerk nie; en dit het hulle gebrand, maar hulle het dit nie ter harte geneem nie.
Afrikaans 1983 Daarom het Hy sy toorn teen hulle laat ontvlam: die geweld van oorlog. Daar was vlamme rondom hulle, maar hulle wou nie verstaan nie; dit het hulle gebrand, maar hulle wou dit nie ter harte neem nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het sy brandende toorn en die geweld van oorlog oor hulle uitgestort. Dit het hulle aan alle kante geskroei, maar hulle het dit nie besef nie. Dit het hulle gebrand, maar hulle het dit nie ter harte geneem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het die Here baie kwaad geword vir die Israeliete. Hy het vyande laat kom om oorlog te maak teen sy volk. Die vlamme het hulle gebrand van al die kante, maar hulle het nie besef hoekom dit gebeur nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het sy woede soos vuur teen hulle laat vlam vat. Hy het hulle in die oorlog laat beland. Selfs toe dit rondom hulle gebrand het, het hulle dit nie verstaan nie. Hulle het nie besef hoe ernstig dit was nie.