Isaiah 42:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het Jakob as buit gegee, en Israel aan die rowers? het die HERE nie Hy teen wie ons gesondig het nie? want hulle wou nie in sy weë wandel nie en was nie gehoorsaam aan sy wet nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie het Jakob oorgelewer om buit te word? Wie het Israel oorgegee aan die verwoesters? Is dit nie die Here teen wie ons gesondig het nie? Hulle wou nie doen soos Hy vereis het nie. Hulle wou nie na sy woord luister nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het Jakob oorgegee as 'n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie die HERE teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie. |
| Afrikaans 1983 | Wie het van Jakob 'n gevangene gemaak, wie het vir Israel oorgegee aan dié wat buit gemaak het? Is dit nie die Here nie, Hy teen wie ons gesondig het? Ons wou nie sy wil doen nie, ons wou nie na sy woord luister nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het Jakob as buit oorgegee, en Israel aan die plunderaars? Is dit nie die Here nie, Hy teen wie ons gesondig het? Hulle wou nie op sy paaie loop nie, en het nie na sy wet geluister nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het gesê die vyande kan ons, die Israeliete, wegvat? Ons is die nageslag van Jakob. Dit is die Here wat dit gesê het. Ons het sonde gedoen teen Hom, ons het nie gelewe soos Hy wil hê nie, ons het nie gedoen wat Hy vir ons geleer het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie het Jakob uitgelewer aan die mense wat hom beroof het? Was dit nie die Here self wat dit gedoen het nie? Ons het teen Hom oortree. Israel wou nie leef soos die Here van hulle gevra het nie. Hulle wou nie luister na wat die Here gesê het hulle moet doen nie. |