Isaiah 42:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie van julle sal hierna luister? wie sal luister en hoor vir die tyd wat kom?
Afrikaans (NLV) 2011 Is daar niemand onder julle wat aandag gee aan wat gebeur het nie, sodat julle kan luister en verwoesting vermy?
Afrikaans 1933/1953 Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?
Afrikaans 1983 Wie van julle neem dit waar? Wie van julle gee aandag en luister met die oog op wat voorlê?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie onder julle gee hieraan aandag, slaan daarop ag en hoor dit met die oog op die toekoms?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Is daar iemand wat luister? Hoor iemand wat Ek nou sê?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie van julle het werklik gehoor wat hier gebeur het? Wie het fyn genoeg geluister om te verstaan wat dit vir die toekoms beteken?