Isaiah 42:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar dit is 'n volk wat beroof en geplunder is; hulle is almal in gate verstrik, en in gevangenisse is hulle verborge; hulle is 'n buit, en niemand red nie; vir 'n buit, en niemand sê: Maak terug nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar kyk hoe lyk sy volk! Hulle is geplunder en gebuit. Hulle is in vanggate gehou, of in gevangenisse opgesluit. Hulle het ander se buit geword met niemand om te red nie. Hulle is geplunder sonder iemand wat sê: “Gee hulle terug!”
Afrikaans 1933/1953 En tog is dit 'n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het 'n buit geword sonder dat iemand red, 'n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug!
Afrikaans 1983 Maar sy volk is as 'n stuk buit weggevoer, hulle word almal in gate gevange gehou, hulle is in gevangenisse opgesluit. Hulle het buit geword, en niemand red hulle nie, hulle het gevangenes geword, en niemand sê: “Laat hulle teruggaan!” nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar dié is 'n geplunderde en beroofde volk. Hulle is almal vasgekeer in gate, en in tronke word hulle weggesteek. Hulle het buit geword, en daar is niemand wat kan red nie; hulle is 'n beroofde volk, en niemand sê, “Gee terug!” nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar hulle het 'n volk geword wat uit hulle land moes gaan, die vyande het hulle toegesluit in gate en tronke. Die vyande het hulle weggevat, en niemand het dit gekeer nie, niemand het gesê dat die vyande hulle moet teruggee nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar sy volk is beroof en kaal gesteel. Hulle sit almal in gate en in tronke opgesluit. Toe daar op hulle toegeslaan is, was daar niemand om hulle te red nie. Toe hulle gevange geneem is, kon niemand dit keer nie.