Isaiah 42:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is blind behalwe my dienaar? of doof, soos my boodskapper wat ek gestuur het? wie is blind soos die volmaakte, en blind soos die kneg van die HERE?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie is so blind soos die Here se dienaar? Wie is so doof soos die boodskappers wat Ek stuur? Wie is so blind soos my uitverkore volk, blind soos die dienaar van die Here?
Afrikaans 1933/1953 Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?
Afrikaans 1983 Is daar iemand so blind soos my dienaar, so doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Is daar iemand so blind soos die een wat vir sy sonde gestraf is, so blind soos die dienaar van die Here?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is blind, behalwe my dienskneg, en doof, soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die een wat vergelding ontvang het, en blind soos die dienskneg van die Here?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My dienaars, my boodskapper wat Ek stuur, is blind en doof, niemand is so blind en so doof soos hulle nie. Niemand is so blind soos die volk wat Ek gestraf het nie, niemand is so blind soos die dienaars van die Here nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volk wat My moet dien, het mos oë wat nie wil sien nie. Die boodskapper wat Ek stuur, het mos ore wat glad nie wil hoor nie. Wie is so blind soos die volk van die Here?