Isaiah 42:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal teruggedraai word, hulle sal grootliks beskaamd staan, wat op gesnede beelde vertrou, wat vir die gegote beelde sê: Julle is ons gode.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle wat op afgode vertrou, wat vir afgode sê: ‘Julle is ons gode,’ sal neerval en skaam kry.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die wat op gesnede beelde vertrou, wat aan gegote beelde sê: Julle is ons gode -- die sal agteruitwyk, diep beskaamd staan.
Afrikaans 1983 Dié wat op afgode vertrou, wat vir beelde sê: “Julle is ons gode,” sal op die vlug moet slaan, teleurgestel in hulle verwagting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal terugdeins, en hulle sal grootliks beskaamd staan – dié wat op afgodsbeelde vertrou, wat vir gegote beelde sê, ‘Julle is ons gode!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat dink dat beelde hulle kan help, en wat vir die beelde sê: ‘Julle is ons gode,’ daardie mense sal teleurgesteld wees, hulle sal nie weet wat om te doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die ander kant sal die mense wat op afgode staatmaak en vir afgodsbeelde sê: “Julle is ons god” op hulle neus kyk. Hulle gaan sleg daarvan afkom.