Isaiah 42:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal blindes bring op 'n pad wat hulle nie geken het nie; Ek sal hulle lei op paaie wat hulle nie geken het nie; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle en krom dinge reguit maak. Hierdie dinge sal Ek aan hulle doen en hulle nie verlaat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek lei blindes op ’n nuwe pad, op paaie wat vir hulle onbekend is. Ek maak die donkerte voor hulle helder lig, en die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Ek gaan dit alles doen, en hulle nie alleen los nie!
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.
Afrikaans 1983 Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk. Dit is wat Ek gaan doen, Ek gaan daar nie van afsien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek laat blindes gaan op 'n weg wat hulle nie ken nie; op paaie wat hulle nie ken nie, laat Ek hulle loop. Ek maak die duisternis voor hulle lig, die ongelyk plekke maak Ek gelyk. Dit is die beloftes – Ek voer dit uit, Ek laat dit nie na nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek laat blinde mense loop op 'n pad wat hulle nie geken het nie, Ek lei hulle na plekke waarvan hulle nie geweet het nie. Ek verander die donker voor hulle, Ek maak dit lig, Ek maak die pad vir hulle gelyk. Dit is die dinge wat Ek doen, Ek sal aanhou om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal die blinde Israel op ’n pad laat loop wat hy glad nie ken nie. Hy sal op paaie loop waarvan hy glad nie eers geweet het nie. Ek laat die donkerte voor hulle in lig verander. Ek verander die pad wat vol slaggate is in ’n gladde pad. Ek gaan dit doen. Ek sal hulle nie in die steek laat nie.