Isaiah 42:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal berge en heuwels verwoes en al hulle plante laat opdroog; en Ek sal die riviere eilande maak en die poele opdroog.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak die berge en heuwels gelyk met die grond en laat al die plante daarop uitdroog. Ek maak van riviere eilande en laat die poele opdroog.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal berge en heuwels woes maak en al hulle plante laat verdroog; en Ek sal riviere tot eilande maak en waterplasse laat opdroog.
Afrikaans 1983 Ek laat die berge en rante verdor, Ek laat al die plante daarop verdroog. Ek laat die riviere opdroog, Ek laat die rietvleie droog word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek lê berge en heuwels droog, al die plantegroei daarop laat Ek verdor. Ek laat eilande in riviere ontstaan; Ek laat vleilande opdroog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek laat al die groen plante droog word op die berge en heuwels, Ek laat die riviere en die riet-moerasse droog word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal droogte op die berge en heuwels laat kom. Ek sal die plante laat doodgaan wat daarop groei. Ek sal die riviere in stilstaande poele verander. Die riete in die vleie sal doodgaan.