Isaiah 42:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het lank geswyg; Ek was stil en het my teruggehou; nou sal ek huil soos 'n baarde vrou; Ek sal dadelik vernietig en verslind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het baie lank stilgebly. Ek was stil en Ek het My ingehou. Maar nou skree Ek in my woede soos ’n vrou wat geboorte gee. Ek sal hyg en snak na asem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het baie lank geswyg, My stil gehou, My bedwing. Ek sal uitskreeu soos een wat baar, Ek sal hard asemhaal en hyg tegelykertyd. |
| Afrikaans 1983 | Ek het lank stilgebly, Ek het geswyg, My bedwing. Nou skree Ek soos 'n vrou wat 'n kind in die wêreld bring. Ek hyg, Ek snak na asem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het lank stilgebly, My stil gehou, My bedwing. Soos 'n vrou wat geboorte gee, kreun Ek; Ek hyg en snak tegelyk na asem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Ek het lank stilgebly, Ek het nie gepraat nie. Maar nou skree Ek hard, Ek haal vinnig asem, soos 'n vrou wat 'n baba kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het vir lank stilgebly en niks gedoen nie. Maar Ek gaan nou iets doen. Ek sal skree soos ’n vrou wat ’n baba in die wêreld bring. Ek sal hyg, Ek sal hard asemhaal. |