Isaiah 42:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal uittrek soos 'n held, Hy sal ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal roep, ja, brul; hy sal sy vyande oorwin.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sal opruk soos ’n baie sterk man. Hy sal kom soos ’n soldaat wat woedend is. Hy gaan sy oorlogskreet aanhef. Hy sal triomfeer oor sy vyande.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.
Afrikaans 1983 Die Here ruk op soos 'n soldaat, strydlustig soos 'n krygsman. Hy skree en roep die oorlogskreet uit. Hy oorwin sy vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, soos 'n held trek Hy uit, soos 'n krygsman wakker Hy die krygslus aan. Hy roep die strydkreet, ja, Hy skreeu die oorlogskreet uit; aan sy vyande betoon Hy Homself as die magtige.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here kom soos 'n soldaat wat wil oorlog maak, Hy skree en Hy oorwin sy vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is soos ’n soldaat wat gaan oorlog maak. Hy is soos ’n man wat reg is om te gaan veg. Hy skreeu en gee die oorlogskreet. Hy oorrompel sy vyande.