Isaiah 42:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat die woestyn en sy stede hul stem verhef, die dorpe waar Kedar woon; laat die inwoners van die rots sing, laat hulle jubel van die top van die berge af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat die woestyn en sy dorpe saamsing. Laat die dorpies van Kedar bly wees. Laat die mense van Sela sing van vreugde. Laat hulle hard roep vanaf die bergpieke. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die woestyn en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar woon! Laat die rotsbewoners jubel, van die top van die berge af skreeu! |
| Afrikaans 1983 | Laat die woestyn en sy stede die lof van die Here uitroep, die dorpe in die omgewing van Kedar, laat die inwoners van Sela jubel, laat hulle van die toppe van die berge af juig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat die woestyn en sy dorpe hulle stem verhef, die gehuggies waar Kedar woon. Laat die inwoners van Sela jubel, hardop roep van die bergkruine af. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense in die woestyn en in die stede in die woestyn, moet die Here prys, die mense in die stede van die land Kedar. Die mense moet juig wat in Sela woon, hoog op die berg, hulle moet op die berge staan en skree. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die woestyn en die dorpe wat daarin is, moet vir die Here sing. Dié wat in Kedar bly, moet sy Naam grootmaak. Dié wat in Sela bly, moet juig. Hulle moet van die toppe van die berge af jubel vir die Here. |