Isaiah 42:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied en sy lof van die einde van die aarde af, julle wat na die see afdaal en alles wat daarin is; die eilande en die inwoners daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 Sing vir die Here ’n nuwe lied. Besing sy lof tot aan die uithoeke van die aarde! Sing, almal wat vaar op die see, en alles in die see, al die eilande en dié wat daarop woon.
Afrikaans 1933/1953 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af -- julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan.
Afrikaans 1983 Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde, almal wat op die see vaar, alles wat in die see is, al die eilande en dié wat daarop woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sing vir die Here 'n nuwe lied, besing sy roem van die einde van die aarde af, julle wat die see bevaar, en alles wat in die see is, ook die eilande en hulle bewoners.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet 'n nuwe lied sing vir die Here, almal in die wêreld moet Hom prys, die mense op die see en alles in die see, en die mense wat ver van hier langs die see woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet vir die Here ’n nuwe lied sing. Oor die hele aarde moet Hy grootgemaak word. Almal wat op die see vaar en alles wat in die see is, moet saam sing. Die lande oorkant die see en almal wat daar woon, moet God verheerlik.