Isaiah 42:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, my kneg wat ek ondersteun; my uitverkorenes in wie my siel 'n welbehae het; Ek het my Gees op hom gelê: hy sal oordeel aan die heidene bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kyk, hier is die dienaar wat Ek ondersteun. Hy is die een wat Ek gekies het en wat my guns geniet. Ek het my Gees op hom laat kom. Hy sal regspreek oor die nasies. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. |
| Afrikaans 1983 | Hier is my dienaar, Ek stel hom aan. Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns. Ek laat my Gees op hom kom, hy sal my wil aan die nasies bekend maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Kyk, hier is my dienskneg wat Ek ondersteun, my uitverkorene in wie my binneste vreugde vind. Ek het my Gees op hom laat kom; hy sal reg vir die nasies laat deurbreek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Hier is my dienaar, Ek hou hom vas, Ek het hom gekies en Ek is lief vir hom. Ek het my Gees in hom laat kom. My dienaar sal vir die volke gaan sê wat Ek wil hê hulle moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het iemand wat vir My werk. Ek help hom. Ek het hom spesiaal gekies. Ek hou baie van hom. Ek het hom die krag gegee om vir die nasies te leer wat reg is. |