Isaiah 41:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy wat Ek van die eindes van die aarde af weggeneem en jou geroep het onder sy vernaamstes, en vir jou gesê het: Jy is my kneg; Ek het jou uitverkies en jou nie verwerp nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou het Ek teruggeroep vanaf die uithoeke van die aarde. Ek het gesê: ‘Jy is my dienaar,’ want Ek het jou gekies. Ek het jou nooit verwerp nie!
Afrikaans 1933/1953 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie.
Afrikaans 1983 jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) jy, die een wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde af, wat Ek van sy verste dele af geroep het, vir jou het Ek gesê, ‘Jy is my dienskneg!’ Ek het jou uitgekies, jou nie verwerp nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het Abraham uit 'n ver land laat kom en Ek het vir hom gesê: ‘Jy is my dienaar, Ek het jou gekies en jou nie vergeet nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het jou gaan haal by die heel verste plekke op die wêreld. Ek het jou laat kom van die uithoeke van die aarde af. Ek het vir jou gesê: “Kom bid tot My.” Ek het jou vir My uitgekies. Ek sal jou nooit in die steek laat nie.