Isaiah 41:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het dit bewerk en gedoen deur die geslagte van die begin af te roep? Ek, die HERE, die Eerste en saam met die laastes; Ek is hy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie het sulke magtige dinge gedoen en die verloop van dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die Here, die Eerste. Wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek, die Here, nog daar wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde. |
| Afrikaans 1983 | Wie het dit bewerkstellig, dit gedoen? Wie het die verloop van dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die Here! Ek is die eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek nog die Here wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het dit bewerk en uitgevoer, terwyl Hy van die begin af die geslagte roep? Ek, die Here, was die eerste, en by die laaste geslagte sal Ek steeds daar wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het dit laat gebeur? Wie het van die begin af gesê wat in die wêreld moet gebeur? Dit is Ek, die Here. Ek was eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur, dan sal Ek nog die Here wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie sal dit alles laat gebeur? Wie het nog van altyd af besluit wat met die mense moet gebeur? Dit was nog nooit enige iemand anders nie as net Ek, die Here. Ek was daar reg van die begin af. Ek sal nog steeds daar wees reg teen die einde. |