Isaiah 41:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, hulle is almal nietigheid; hulle werke is niks: hulle gegote beelde is wind en verwarring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is almal vals! Wat hulle doen, beteken niks. Hulle is so leeg soos die wind.”
Afrikaans 1933/1953 Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid is hulle gegote beelde.
Afrikaans 1983 Hulle is almal vals, hulle kan niks doen nie, hulle beelde beteken niks, hulle kon net so wel nie daar gewees het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, hulle almal is niks; hulle dade is niksseggend. Wind en leegheid is hulle gegote beelde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nie een van die gode is regtig 'n god nie, hulle kan niks doen nie, en hulle beelde beteken niks.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nee wat, nie een van hulle beteken enigiets nie. Wat hulle doen, beteken niks. Die afgodsbeelde is net ’n bondel wind.