Isaiah 41:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek het gesien, en daar was niemand nie; selfs onder hulle, en daar was geen raadgewer wat, toe ek van hulle gevra het, 'n woord kon antwoord nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nie een van die afgode het jou dit kon vertel nie. Toe Ek hulle vra, kon niemand ’n antwoord gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; en onder hulle, maar daar is geen raadgewer, dat Ek hulle kan vra en hulle antwoord kan gee nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het gewag op 'n antwoord, maar nie een van die afgode het gereageer nie, nie een van hulle het 'n woord te sê gehad nie. Ek het hulle ondervra, maar niemand kon antwoord nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek kyk rond, maar daar is niemand nie; onder hulle is daar nie een wat kan raad gee nie. Ek vra hulle, maar hulle antwoord nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gewag dat die gode moet praat, maar nie een het gepraat nie. Daar was nie een wat iets geweet het sodat Ek vir hom kon vra en Hy kon antwoord nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het verniet gewag dat een van julle afgode dit vir julle sou sê. Onder hulle was daar nie een wat daaroor gepraat het nie. Ek het verniet gevra dat een van hulle iets daaroor sal kom sê. |