Isaiah 41:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die eerste sal vir Sion sê: Kyk, daar is hulle, en Ek sal aan Jerusalem een gee wat goeie boodskap bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was die eerste wat vir die tempelberg gesê het: ‘Kyk, hier kom hulp vir jou!’ Ek het ’n boodskapper met goeie nuus na Jerusalem toe gestuur.
Afrikaans 1933/1953 As die Eerste sê Ek aan Sion: Hier, hier is dit! En aan Jerusalem gee Ek 'n verkondiger van goeie boodskap.
Afrikaans 1983 Ek is die eerste wat vir Sion gesê het: Kyk, jou mense kom terug! Ek laat Jerusalem 'n goeie tyding hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was die eerste om aan Sion te sê, ‘Kyk, hier is hulle wat dit verkondig het!’ Aan Jerusalem gee Ek 'n boodskapper van vreugde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is Ek wat eerste vir Sion, vir Jerusalem, gesê het: ‘Kyk, julle mense kom terug, Ek bring vir julle die goeie nuus.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was die Een wat al voor die tyd vir Sion laat sê het: Jou mense gaan terugkom. Ek het vir Jerusalem die boodskap gestuur met die goeie nuus.