Isaiah 41:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie het dit van die begin af verkondig, dat ons dit kan weet? en tevore, dat ons kan sê: Hy is regverdig? ja, daar is niemand wat te kenne gee nie, ja, daar is niemand wat verkondig nie, ja, daar is niemand wat jou woorde hoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie van julle het dit van die begin af gesê sodat ons dit kon weet, vantevore al sodat ons sou kon sê: ‘Hy was reg’? Niemand het dit geweet nie. Niemand het dit voorspel nie. Niemand het eers gehoor dat julle ’n woord daaroor sê nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.
Afrikaans 1983 Wie het voor die tyd al gesê dat dit sal gebeur sodat ons daarvan kennis kon neem, vantevore al, sodat ons sou kan sê dit het uitgekom? Nee, niemand het dit gesê nie, niemand het iets daaroor laat hoor nie, niemand het julle 'n woord daaroor hoor sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie het dit van die begin af aangekondig, sodat ons kon kennis neem, vantevore al, sodat ons kon sê, ‘Hy was reg!’? Daar is niemand wat dit aankondig nie, niemand wat iets laat hoor nie, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie het voor daardie tyd gesê dit sal gebeur sodat Ons dit kon weet en kon sê hy het reg gepraat? Niemand het dit gesê nie, nie een van julle het 'n woord gepraat nie, niemand het gehoor julle sê iets nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Was daar ’n afgod wat al voor die tyd gesê het dat dit sal gebeur, sodat ons dit voor die tyd kon weet en toegee dat hy reg was? Nee, daar was niemand wat dit kon sê nie. Nie een van ons het so iets voor die tyd gehoor nie. Niemand het enigeen so iets hoor sê nie.