Isaiah 41:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het een uit die noorde verwek, en hy sal kom; van die opgang van die son af sal hy my Naam aanroep, en hy sal vorste kom soos op klei, en soos 'n pottebakker klei trap.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het ’n leier laat opstaan wat uit die noorde kom. Ek roep hom uit die ooste op sy naam. Hy trap op leiers asof hulle modder is, soos ’n pottebakker wat klei trap.
Afrikaans 1933/1953 Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.
Afrikaans 1983 Ek het iemand uit die noorde te voorskyn laat kom, van sonsopgang se kant af het hy gekom en my Naam aangeroep. Hy het regeerders in die modder in getrap soos 'n pottebakker die klei trap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Ek het hom uit die noorde opgewek, en hy het gekom. Van waar die son opkom, sal hy my Naam aanroep. Hy vertrap landvoogde soos kleigrond, soos 'n pottebakker die klei trap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek het 'n man uit die noorde en die ooste laat kom. Hy kom en hy aanbid My. Hy oorwin die mense wat regeer en hy trap op hulle soos 'n pottebakker wat op klei trap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het ’n sekere man wat in die ooste woon, laat kom. Hy het die ander konings vanuit die noorde aangeval en hulle in die modder getrap. Hy het gemaak soos die pottebakker wat die klei onder sy voete trap.