Isaiah 41:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle dit uitbring en ons vertel wat sal gebeur; of maak vir ons die toekomstige dinge bekend.
Afrikaans (NLV) 2011 “Bring julle afgode om vir ons te vertel wat gaan gebeur. Sê vir ons wat voorheen gebeur het sodat ons kan oordeel of hulle die waarheid praat. Of vertel vir ons wat gaan gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Laat hulle aanbring en ons te kenne gee wat gaan gebeur! Gee te kenne die vorige dinge, hoedanig hulle was, sodat ons daarop kan ag gee en van die afloop daarvan kan kennis neem. Of laat ons die toekomende dinge hoor!
Afrikaans 1983 Kom, sê vir ons wat gaan gebeur, sê vir ons wat beteken dit wat verby is sodat ons daaroor kan nadink en kan weet waarop dit uitloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Laat hulle dit bring en ons inlig oor wat gebeur: Die vroeëre gebeure – wat was dit? Lig ons in, sodat ons dit ter harte kan neem, sodat ons kan weet wat die afloop daarvan was; of, die komende gebeure – laat ons hoor wat dit sal wees!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sê vir Ons wat later sal gebeur, of sê vir Ons hoekom die dinge gebeur het wat voorheen gebeur het. Sê dit vir Ons sodat Ons daaroor kan dink en kan weet wat later sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kom vertel vir ons wat nog vorentoe gaan gebeur. Verduidelik vir ons wat beteken die dinge wat in die verlede gebeur het. Ons sal dan weet wat alles beteken wat nog vorentoe moet gebeur.