Isaiah 41:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | sodat hulle saam kan sien en weet en sien en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur. Hulle sal dan verstaan dat die Here dit gedoen het. Die Heilige van Israel het dit geskep. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat mense kan sien en erken, dit ter harte neem, en tegelykertyd begryp dat die hand van die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die mense wat dit sien, weet dat Ek, die Here, dit gedoen het, Ek, die Heilige God van Israel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal almal sien wat gebeur het. Hulle sal insien en erken dat dit die Here is wat die wonderwerk laat gebeur het. Die hoë God van Israel het die onmoontlike reggekry. |