Isaiah 41:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het die regverdige man uit die ooste laat opstaan, hom op sy voete geroep, die nasies voor hom gegee en hom oor konings laat heers? Hy het hulle gegee soos stof vir sy swaard en soos gedrewe stoppels aan sy boog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie het iemand uit die ooste wakker gemaak? Hy behaal heelpad oorwinning. Die Here gee nasies aan hom oor en onderwerp konings aan hom. Hy maak hulle tot stof met sy swaard. Sy boog maak van hulle kaf wat die wind wegwaai. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel, |
| Afrikaans 1983 | Wie is dit wat hom uit die ooste laat opstaan het vir wie elke voetstap oorwinning bring? Wie gee nasies aan hom oor, onderwerp konings aan hom? Sy swaard en sy pyl en boog laat hulle verdwyn soos stof voor die wind, soos dwarrelende stoppels. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het hom uit die ooste opgewek, hy op wie oorwinning wag met elke tree wat hy gee? Hy laat nasies voor hom verskyn, en konings onderwerp hy. Hy maak hulle soos stof met sy swaard, soos strooi wat wegwaai met sy boog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het die man uit die ooste laat kom, die man wat al die volke en die konings oorwin? Hulle val voor sy swaard en voor sy boog, soos stof of soos kaf wat wegwaai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie anders is dit as die Here wat hierdie koning uit die ooste sal laat kom om alles voor hom plat te trap? Wie anders sal hom help om nasies te oorwin en konings voor hom te laat buig? Wie anders help hom om die nasies soos stofwolke met sy swaard voor hom uit te jaag? Wie anders help hom om hulle met sy boog op loop te jaag soos gras wat voor die wind wegwaai? |