Isaiah 41:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal riviere oopmaak op hoogtes en fonteine in die valleie; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die droë land waterfonteine. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal riviere laat ontspring op die hoë bergpieke. Ek sal vir hulle fonteine gee in die valleie. Ek sal die woestyn in ’n poel water verander. Ek verander die droë, gebarste grond in fonteine. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op kaal hoogtes laat Ek riviere ontspring, fonteine in die middel van valleie. Van 'n woestyn maak Ek 'n waterryke vleiland, van 'n dor land waterbronne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die water in riviere laat vloei en Ek sal fonteine oopmaak op die plekke waar daar nou niks plante is nie. Ek sal die droë woestyn verander in 'n plek waar daar baie water is en waar riete groei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal riviere tussen die droë berge deur laat loop. Ek sal fonteine onder in die laagtes laat uitborrel. Ek sal waterpanne in die woestynwêreld gee. Daar sal waterstrome deur droë gebiede vloei. |