Isaiah 41:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As die armes en behoeftiges water soek, en daar is nie, en hulle tong faal van dors, Ek, die HERE, sal hulle verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors. Dan sal Ek, die Here, hulle verhoor. Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
Afrikaans 1933/1953 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
Afrikaans 1983 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die magteloses en behoeftiges soek water, maar daar is niks; hulle tonge verdroog van dors. Ek, die Here, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, Ek sal hulle nie verlaat nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense wat hulleself nie kan help nie en wat arm is, soek water, maar daar is nie water nie. Hulle tonge word droog, want hulle is dors. Ek, die Here, sal vir hulle gee wat hulle vra, Ek, die God van Israel, sal hulle nie alleen los nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer Israel soos hulpelose mense verniet na water soek, wanneer hulle wil doodgaan van die dors, sal Ek, die Here, hulle gebede verhoor. Die God van Israel sal nie sy volk in die steek laat nie.