Isaiah 41:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees nie bevrees nie, jy wurm Jakob, en julle manne van Israel! Ek sal jou help, spreek die HERE, en jou Verlosser, die Heilige van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel, sal Ek jou help, sê die Here. Ek is die Een wat jou red, die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Âk help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie bang wees nie, wurm Jakob, mense van Israel, Ek is die Een wat jou help!” is die uitspraak van die Here. “Jou losser is die Heilige van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle is so swak soos 'n wurm, julle is min, maar julle moenie bang wees nie, Ek help julle.” Dit sê die Here, die Heilige God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al is jy klein, Israel, en al voel jy soos ’n wurmpie, Ek sal jou help, sê die Here. Die groot God self gaan jou red, Israel. |