Isaiah 41:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy sal hulle soek en hulle nie vind nie, die wat met jou getwis het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy sal jou vyande soek, maar hulle nêrens kry nie. Almal wat teen jou oorlog maak, sal soos niks wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie -- die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos 'n nietige ding -- die manne wat teen jou oorlog voer. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie, daardie manne wat teen jou stryd voer. Hulle sal soos niks, soos iets niksseggends wees, daardie manne wat teen jou oorlog voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat oorlog maak teen julle, sal word soos niks, julle sal hulle soek en julle sal hulle nie kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy sal verniet soek na die mense wat met jou rusie gemaak het. Die mense wat teen jou oorlog gemaak het, sal wegraak asof daar nooit sulke mense was nie. |