Isaiah 41:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, almal wat teen jou toornig was, sal beskaamd staan en beskaamd staan; en die wat met jou twis, sal omkom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Almal wat vir jou kwaad is, sal in die skande kom en verleë wees. Almal wat jou weerstaan, sal vergaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. |
| Afrikaans 1983 | Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, hulle sal beskaamd staan en verneder word – almal wat vir jou kwaad is. Hulle sal soos niks wees en tot niet gaan, daardie manne wat teen jou 'n regstryd voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kyk, almal wat iets sleg wil doen aan julle, sal teleurgesteld wees. Hulle sal nie weet wat om te doen nie. Die mense wat wil hê dit moet sleg gaan met julle, sal word soos niks, hulle sal sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al jou vyande wat so kwaad was vir jou gaan maar sleg daarvan afkom. Almal wat met jou baklei het, sal verdwyn. |