Isaiah 41:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bly stil voor my, o eilande; en laat die volke hulle krag vernuwe; laat hulle nader kom; laat hulle dan spreek; laat ons saam nader tot die oordeel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Bly stil en luister na My, eilande en kusgebiede. Laat die nasies hulle sterkste argumente kom stel. Laat die hof die saak uitmaak.
Afrikaans 1933/1953 Luister in stilte na My, o eilande, en laat die volke nuwe krag kry; laat hulle aankom, laat hulle dan spreek; laat ons saam na die gereg gaan.
Afrikaans 1983 Bly stil en luister na My, eilande, maak julle gereed, volke, staan nader en stel julle saak, laat ons die saak uitmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Luister in stilte na My, eilande! Laat die volke nuwe krag kry; laat hulle na vore tree, dan kan hulle die woord voer. Laat ons saam nader kom vir die regsgeding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Al die mense wat woon in die ver lande by die see, al die volke, julle moet stilbly en julle moet luister na My! Julle moet gereedmaak en nader kom en praat. Ons moet saam praat en hoor wie is reg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê vir die lande wat oorkant die see is: Wag ’n bietjie. Maak julle reg. Kom nader en kom stel julle saak. Kom, laat ons dit in die hof gaan uitmaak.