Isaiah 40:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O Sion, wat goeie boodskap bring, klim op die hoë berg; O Jerusalem, wat goeie boodskap bring, verhef u stem met krag; hef dit op, wees nie bevrees nie; sê vir die stede van Juda: Hier is julle God! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Boodskapper van goeie nuus, roep vir die tempelberg van die bergpieke af! Boodskapper van goeie tyding, roep hard vir Jerusalem! Moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: “Hier is jou God!” |
| Afrikaans 1933/1953 | o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op 'n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God! |
| Afrikaans 1983 | Klim op 'n hoë berg en roep hard, Sion, jy wat die goeie tyding moet bring; roep hard, Jerusalem, jy wat die goeie tyding moet bring, moenie bang wees nie. Sê vir die stede van Juda: “Julle God is hier!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Klim op 'n hoë berg, Sion, boodskapper van vreugde! Verhef jou stem met krag, Jerusalem, boodskapper van vreugde! Verhef dit, moenie bang wees nie! Sê vir die dorpe van Juda: “Hier is julle God!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Jerusalem, mense van Sion, julle moet die boodskappers wees wat die goeie nuus bring. Julle moet hoog op 'n berg klim en hard skree. Julle moenie bang wees nie, julle moet vir die stede van Juda sê: “Hier kom julle God! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sion, gaan klim op ’n hoë berg. Bring die goeie nuus. Jerusalem, skreeu die wonderlike boodskap uit met alles wat jy het. Moenie bang wees nie. Skreeu so hard as jy kan. Sê vir die dorpe in Juda: “Kyk, die Here gaan kom!” |