Isaiah 40:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die stem het gesê: Huil. En hy sê: Wat sal ek roep? Alle vlees is gras, en al sy goedheid is soos die blom van die veld; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Stem sê: “Roep!” Ek het gevra: “Wat moet ek roep?” “Roep uit: Alle mense is soos gras. Hulle bekoorlikheid is soos blomme van die veld. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld. |
| Afrikaans 1983 | Iemand sê: “Roep!” En ek vra: “Wat kan ek roep? Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos 'n veldblom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Stem sê toe: “Roep uit!” En ek vra: “Wat moet ek uitroep? Alle mense is immers gras; en al hulle trou is soos 'n veldblom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand het gesê: “Jy moet hard praat sodat almal jou kan hoor.” En ek het gesê: “Wat moet ek sê? Mense is soos gras, ook as hulle mooi en goed is, is hulle soos die veldblomme. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand sê vir my: “Jy moet ’n boodskap gaan bring.” Ek vra: “Wat moet ek gaan sê?” “Gaan sê vir hulle dat alle mense eintlik maar soos gras is wat weer doodgaan. Hulle is soos die blomme in die veld. Binne ’n dag is hulle klaar geblom. |