Isaiah 40:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees sal dit saam sien, want die mond van die HERE het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die heerlikheid van die Here bekend word en alle mense sal dit sien. Die Here self het so gesê.”
Afrikaans 1933/1953 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.
Afrikaans 1983 Dan sal die mag van die Here geopenbaar word; al wat leef, sal dit sien. Die Here self het dit gesê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word; alle mense sal dit gelyktydig sien, want die mond van die Here het gespreek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die Here verskyn en Hy sal vir almal wys Hy is die Koning. Die Here self het gesê dat Hy dit sal doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Here kom. Almal saam sal sien hoe wonderlik die Here is. Die Here het self belowe dat Hy sal kom.”