Isaiah 40:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elke dal sal verhewe word, en elke berg en heuwel sal laag gemaak word; en die krom plekke sal reguit gemaak word en die ruwe plekke gelykte;
Afrikaans (NLV) 2011 Vul die valleie op! Maak elke berg en heuwel gelyk, elke ruwe plek ’n gelykte, elke koppie ’n vlakte.
Afrikaans 1933/1953 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.
Afrikaans 1983 Elke laagte moet opgevul word, elke berg en rant moet gelykgrond word. Elke bult moet 'n gelykte word en elke koppie 'n vlakte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elke dal moet opgevul word, en elke berg en heuwel moet wegsak. Hobbelrige plekke moet gelyke grond word, en rotsagtige terrein moet 'n vallei word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet al die valleie toegooi met grond en julle moet al die berge plat maak, julle moet die heuwels wegvat sodat die grond gelyk is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vul die leegtes op. Stoot die berge en die heuwels plat. Maak die draaie reguit. Maak die klipperige grond glad.