Isaiah 40:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die stem van hom wat in die woestyn roep: Berei die weg van die HERE, maak reguit in die woestyn 'n grootpad vir onse God.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep: “Bou ’n grootpad vir die Here deur die woestyn. Maak ’n reguit pad vir ons God deur die wildernis.
Afrikaans 1933/1953 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!
Afrikaans 1983 Iemand roep: “Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Stem roep: “Maak in die woestyn die pad van die Here gereed; maak in die Araba 'n grootpad vir ons God gelyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand het geskree: “Julle moet in die woestyn 'n pad gereedmaak vir die Here, julle moet die pad gelykmaak vir ons God!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister, daar is ’n stem wat uitroep: “Bou ’n pad vir die Here deur die woestyn. Maak vir ons God ’n breë, reguit pad dwarsdeur die veld.