Isaiah 40:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy gee krag aan die vermoeide; en vir die wat geen krag het nie, vermeerder Hy krag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is Hy wat vermoeides krag gee, wat lewenskrag vermeerder vir dié wat geen vermoëns het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here maak mense weer sterk wat moeg is. Hy laat mense dinge doen wanneer hulle dit self nie meer kan doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gee vir dié wat uitgeput is weer nuwe krag. Hy maak dié wat swak geword het, weer sterk. |