Isaiah 40:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Het jy nie geweet nie? Het jy nie gehoor dat die ewige God, die HERE, die Skepper van die eindes van die aarde, nie beswyk en nie moeg word nie? daar is geen ondersoek na sy verstand nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die Here van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. |
| Afrikaans 1983 | Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Weet jy dit nie? Het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie – ondeurgrondelik is sy insig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Weet julle nie, het julle nie gehoor nie? Die Here is God vir altyd, Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nie moeg nie en Hy rus nie, en niemand kan weet hoeveel die Here weet nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Verstaan julle nie en begryp julle dan nie dat die Here vir ewig en altyd God is nie? Hy het die hele wêreld gemaak. Hy word nooit moeg nie. Hy word nooit uitgeput nie. Niemand kan Hom regtig verstaan nie. |