Isaiah 40:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom sê jy, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is verborge vir die HERE, en my reg het by my God verbygegaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Israel, hoe kan jy dan sê: “Die Here sien nie my moeilikheid raak nie”? Hoe kan jy beweer: “God weier om na my saak te luister”? |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? |
| Afrikaans 1983 | Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: “Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby”? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom sê jy dan, Jakob, en beweer jy, Israel: “My lewenspad is verborge vir die Here, my reg gaan by my God verby”? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nageslag van Jakob, mense van Israel, hoekom sê julle die Here sien nie wat met julle gebeur nie? Hoekom sê julle dit maak nie vir God saak wanneer mense slegte dinge aan julle doen nie? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob, waarom beweer jy dan dat die Here nie raaksien wat met jou gebeur nie? Waarom sê jy, Israel, dat Hy Hom nie daaraan steur dat jy verontreg word nie? |