Isaiah 40:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Slaan julle oë op in die hoogte, en kyk, wie het hierdie dinge geskape, wat hulle leër volgens getal na vore bring; Hy noem hulle almal by name deur die grootheid van sy sterkte, omdat Hy sterk in krag is; nie een faal nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie. |
| Afrikaans 1983 | Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk boontoe en sien! Wie het hierdie dinge geskep? Dit is Hy wat die hemelse leër een vir een uitlei, hulle almal op die naam roep. Deur die toedoen van Hom wat groot vermoëns en geweldige krag het, ontbreek nie een nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kyk op. Wie het die sterre gemaak en wie het gesê hoeveel sterre daar moet wees? Wie het vir elke ster 'n naam gegee? Hulle is almal daar omdat Ek die God is wat kan doen wat Ek wil doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk op na die sterre in die lug. Hy wat hulle gemaak het, laat hulle almal in die aand uitkom. Hy ken elkeen van hulle se naam. Met sy groot krag sorg Hy dat nie een van hulle wegraak nie. |