Isaiah 40:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, hulle sal nie geplant word nie; ja, hulle sal nie gesaai word nie; ja, hulle stam sal nie wortel skiet in die aarde nie; en hy sal ook op hulle blaas, en hulle sal verdor, en die storm sal hulle wegneem soos stoppels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is skaars geplant, skaars gesaai, het skaars wortelgeskiet, of Hy blaas oor hulle en hulle verwelk en ’n stormwind waai hulle weg net soos kaf. |
| Afrikaans 1933/1953 | skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos 'n stoppel. |
| Afrikaans 1983 | Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor, die stormwind vat hulle weg soos stoppels. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars skiet hulle steggies wortel in die grond, of Hy het reeds op hulle geblaas, en hulle verdor; dan lig 'n stormwind hulle op soos strooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle is soos plante: Wanneer hulle nog klein is, dan laat God die warm wind oor hulle waai, en hulle word droog en die stormwind waai hulle weg soos kaf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is soos ’n plant wat skaars geplant is en begin wortelskiet of God laat ’n wind daaroor waai wat dit uitdroog. Hulle waai in ’n storm weg, soos wind stukkies gras wegwaai. |