Isaiah 40:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is Hy wat op die kring van die aarde sit, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; wat die hemel uitsprei soos 'n voorhangsel en dit uitsprei soos 'n tent om in te woon;
Afrikaans (NLV) 2011 God sit op sy troon bokant die hemelkoepel. Die mense op aarde lyk vir Hom soos sprinkane. Hy sprei die hemel uit soos ’n gordyn, Hy sprei dit oop soos ’n tent om in te woon.
Afrikaans 1933/1953 Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent om in te woon.
Afrikaans 1983 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is Hy wat troon bo die ronde skyf van die aarde; die bewoners daarvan is soos koringkrieke. Dit is Hy wat die hemel oopspan soos 'n doek, dit oopsprei soos 'n tent, sodat mense daar kan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy troon is bokant die hemeldak, en die mense op die aarde lyk vir Hom soos sprinkane. Dit is God wat die hemeldak styftrek, soos 'n spinnekop se net of soos 'n tent.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here bly doer bo in die lug. Die mense wat onder op die aarde bly, lyk van daar af so klein soos sprinkane. Hy span die blou lug uit soos ’n dak bo-oor ’n tent. Hy slaan dit op soos ’n tent om in te bly.