Isaiah 40:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het julle nie geweet nie? het julle nie gehoor nie? is dit julle nie van die begin af vertel nie? het julle nie van die fondamente van die aarde af verstaan nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Weet julle dan nie? Verstaan julle nie? Is dit dan nie in die begin aan julle vertel nie? Weet julle nie Wie die aarde gegrondves het nie?
Afrikaans 1933/1953 Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?
Afrikaans 1983 Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie? Het julle nie begrip van die aarde se fondamente nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Weet julle nie? Het julle nie gehoor nie? Het niemand dit vir julle vertel nie? Kan julle nie verstaan nie? Dit is God wat die aarde gemaak het!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Weet julle nie? Verstaan julle dan nie wat al van die begin van die wêreld af vir julle vertel is nie?