Isaiah 40:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat so arm is dat hy geen spysoffer het nie, kies 'n boom wat nie verrot nie; hy soek vir hom 'n listige werker om 'n gesnede beeld voor te berei wat nie wankel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie te arm is vir so ’n offer aan sy god, kies hout wat nie vrot nie en soek vir hom ’n bedrewe ambagsman om vir hom ’n beeld te maak wat nie omval nie.
Afrikaans 1933/1953 Wie te arm is vir so 'n offergawe, kies 'n stuk hout wat nie vergaan nie; hy soek vir hom 'n kunsvaardige ambagsman om 'n beeld op te rig wat nie wankel nie.
Afrikaans 1983 Wie te arm is vir so 'n offer aan sy god, kies hout wat nie vrot nie en soek vir hom 'n bedrewe ambagsman om vir hom 'n beeld te maak wat nie omval nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As 'n wydingsgeskenk kies mens ebbehout, hout wat nie verrot nie. 'n Vaardige vakman soek hy vir hom om 'n afgodsbeeld te maak wat nie omkantel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of 'n beeld is iets wat 'n ambagsman uit harde hout sny en vas laat staan sodat dit nie omval nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is ook nie soos ’n man se afgod wat ’n beeldhouer vir hom uit harde hout gemaak het wat op sy voete kan staan nie.