Isaiah 40:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek gerus met Jerusalem en roep tot haar dat haar stryd verby is, dat haar ongeregtigheid vergewe is; want sy het uit die hand van die HERE dubbel ontvang vir al haar sondes.
Afrikaans (NLV) 2011 “Praat sag met Jerusalem. Sê vir hom sy hartseerdae is verby. Sy sondes is vergewe. Die Here het hom klaar gestraf vir al sy sondes.”
Afrikaans 1933/1953 Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
Afrikaans 1983 Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde, hy het van die Here die volle straf ontvang vir al sy sondes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Praat mooi met Jerusalem! Roep haar toe dat haar gedwonge arbeid voltooi is, dat haar skuld afbetaal is! Ja, sy het uit die hand van die Here 'n dubbele straf ontvang vir al haar sondes. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet die mense van Jerusalem bly maak, julle moet vir hulle sê hulle is nou nie meer slawe nie, hulle het klaar swaargekry. Ek het hulle klaar gestraf oor al hulle sondes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Praat mooi met die mense van Jerusalem. Sê vir hulle: Julle gaan nie aanhou swaarkry nie. Julle straf is nou verby. Julle het heeltemal klaar betaal vir alles wat julle teen die Here verkeerd gedoen het.