Isaiah 40:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die werker smelt 'n gesnede beeld, en die goudsmid sprei dit oor met goud en giet silwer kettings.
Afrikaans (NLV) 2011 Kan jy Hom vergelyk met die afgodsbeeld? Dis deur ’n vakman gemaak, ’n goudsmid het dit met goud oorgetrek en met silwerkettinkies versier.
Afrikaans 1933/1953 Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.
Afrikaans 1983 'n Beeld word deur 'n ambagsman gegiet en deur 'n smid met goud oorgetrek en met silwerkettinkies versier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Afgodsbeeld wat 'n vakman gegiet het, wat 'n smid met goud oorgetrek het, 'n smid met silwer beslaan het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dink julle 'n afgodsbeeld is soos die Here? Nee. 'n Beeld is iets wat 'n ambagsman maak en met goud oortrek en met silwerkettings vasmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is mos nie soos ’n afgodsbeeld wat uit yster gegiet word en wat ’n kunstenaar dan met goud en silwer oortrek nie.