Isaiah 40:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die nasies voor hom is soos niks; en hulle word hom minder as niks en nietigheid gereken.
Afrikaans (NLV) 2011 Die nasies van die wêreld is vir Hom soos niks. In sy oë is hulle waardeloos, asof hulle nie bestaan nie.
Afrikaans 1933/1953 Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid word hulle by Hom gereken.
Afrikaans 1983 Al die nasies is soos niks teenoor Hom, hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die nasies is soos niks voor Hom; deur Hom word hulle beskou as minder as iets niksseggends, minder as 'n nietigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die volke is soos niks voor die Here, by Hom is hulle minder as niks, hulle is nul.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die nasies tel niks teenoor die Here nie. Hulle is vir Hom soos lug wat leeg is.