Isaiah 40:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die nasies is soos 'n druppel van 'n emmer en word gereken as die stof van die weegskaal; kyk, Hy neem die eilande op soos 'n klein ding.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die nasies van die wêreld is vir Hom soos ’n druppel in ’n emmer, soos stof op ’n skaal. Hy tel die eilande op asof hulle geen gewig het nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die nasies is soos 'n druppel aan die emmer, en soos 'n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos 'n stoffie!
Afrikaans 1983 Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer, soos 'n stoffie op 'n skaal. As Hy die eilande op 'n skaal sit, is hulle soos stofdeeltjies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, nasies is soos 'n druppel uit 'n leersak; hulle word beskou as net 'n lagie stof op 'n weegskaal. Kyk, eilande weeg Hy asof dit fyn stof is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die volke beteken niks, ook die mense by die see beteken niks. Hulle is soos 'n druppel water uit 'n emmer, hulle is soos 'n bietjie stof op 'n weegskaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nasies is vir die Here soos ’n druppel in ’n emmer. Hulle is so min soos ’n stoffie wat jy op ’n skaal probeer weeg. Die lande is vir Hom so lig soos ’n sandkorreltjie.