Isaiah 40:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie het die waters in die holte van sy hand gemeet en die hemel met 'n span afgemeet en die stof van die aarde met 'n maat ingeneem en die berge met 'n weegskaal en die heuwels op 'n weegskaal geweeg?
Afrikaans (NLV) 2011 Wie anders het die oseane in sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? Wie het die grond van die aarde met ’n maatemmer gemeet, of het die berge en die heuwels met ’n skaal geweeg?
Afrikaans 1933/1953 Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?
Afrikaans 1983 Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie kan die waters in die holte van sy hand afmeet, die hemel met sy handspan peil, met 'n derde van 'n efa die stof van die aarde opvang, met 'n handskaal die berge weeg, die heuwels met 'n weegskaal?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wie het gesê hoeveel water daar moet wees en hoe groot die lug daarbo moet wees? Wie het gesê hoeveel grond daar moet wees en hoe hoog die berge en die heuwels moet wees?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie kan met sy hand uitmeet hoeveel hande vol water daar in die see is? Wie kan meet hoe groot die blou lug daar bo is? Kan iemand sê hoeveel emmers vol stof daar op die aarde is? Kan iemand sê hoe swaar die berge weeg? Kan iemand sê wat die heuwels op ’n skaal sal weeg?