Isaiah 40:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; hy sal die lammers met sy arm bymekaarmaak en aan sy boesem dra en die wat kleintjies het, sagkens lei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy versorg sy kudde soos ’n herder. Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms, en dra hulle naby sy hart. Skaapooie met lammers versorg Hy. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei. |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n herder laat Hy sy kudde wei; in sy arms maak Hy lammers bymekaar; teen sy bors dra Hy hulle; die lammerooie lei Hy. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal vir hulle sorg soos 'n herder vir sy skape sorg. Hy sal die skaap-lammers bymekaarmaak en teen sy bors dra, Hy sal die ooie wat lammers het, so lei dat hulle nie seerkry nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal vir sy volk sorg soos ’n skaapwagter sy skape oppas. Hy dra die lammers in sy arms. Hy hou hulle teen Hom vas. Hy sorg vir elke lammer se ma. |