Isaiah 40:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die HERE HERE sal met sterk hand kom, en sy arm sal vir hom heers; kyk, sy loon is by hom, en sy werk voor hom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die oppermagtige Here kom met heerlike krag en regeer met mag. Kyk, Hy bring sy beloning saam. Dit is by Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig. |
| Afrikaans 1983 | Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, my Heer, die Here – met krag kom Hy, en sy arm oefen vir Hom heerskappy uit. Kyk, sy vergoeding is by Hom, sy beloning is voor Hom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kyk, die Here kom, Hy is die Sterk God, Hy kan doen wat Hy wil doen. Kyk, Hy bring sy mense saam, sy volk is by Hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here kom met krag. Hy sal regeer met mag. Hy kom gee sy beloning. Hy kom gee ook sy straf. |